8th March 2011

Op 5 Maart het sewe atlete van Templeton die Fort Beaufort Distrik by die Amathola Atletiekkampioenskappe verteenwoordig. Luzaan Trollip (dogter O/19) en Sinegugu Lituka (seun O/15) kom beide 2de in hul spiesgooi items. Hulle is altwee in die Amathola-span opgeneem om aan die Oos-Kaap Kampioenskappe deel te neem.

Tydens die Oos-Kaap Kampioenskappe gehou te Oos-Londen op 12 Maart behaal Luzaan ‘n 4de plek en Sinegugu ‘n sewende plek.

m_hs_ooskaap_atletiek_009.jpg (large) (225 x 300) (15.80KB) m_hs_ooskaap_atletiek_016.jpg (large) (225 x 300) (22.83KB)


Luzaan Trollip en Sinegugu Lituka in die Amathola-kleure tydens die Oos-Kaap Atletiek kampioenskappe 

Templeton bedank al die atlete wat hierdie atletiek seisoen met toewyding deelgeneem het, sowel as al die afrigters. ‘n Spesiale woord van dank aan Mervyn Hare (oudskolier) wat as hulpafrigter met soveel toewyding afgerig het.

back
 

website design, search engine optimisation by ZAWebs Designs ZA Webs
web hosting by ZAWebs Hosting ZA Web Hosting